OUDTSHOORN NUUS - Sasha Lee Botha, 'n lid van die vrouespan van Dysselsdorp-krieketklub en 'n leerder aan Dysselsdorp Sekondêr, is gekies om die SWD o. 16-meisiespan te verteenwoordig.
Die span neem van 9 tot 12 Desember aan 'n toernooi in Pretoria deel.
Botha het in 2024 by die klub se vrouespan aangesluit en van die begin af haar potensiaal as krieketspeler getoon. Sy is 'n veelsydige sportvrou wat ook in sokker presteer.
Sy is onlangs ook gekies om vir die Brighton Hub-meisieskrieketspan uit te draf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’