Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vrou wat van moord op die rugbyspeler, Boutros (Boelie) May aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot volgende jaar uitgestel.
Felicia Afrika (24) word daarvan aangekla dat sy in Februarie vanjaar vir May naby ‘n bekende kuierplek een keer met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Hy het later in die hospitaal gesterf.
Hy was ten tyde van sy dood 'n baie gewilde rugbyspeler wat sedert sy skooldae reeds vir Bridgton-rugbyklub uitgedraf het.
Afrika is 'n paar uur na die moord in hegtenis geneem.
Volgens die staatsaanklaer, Anzelle Laubscher, is die polisie-ondersoek voltooi en die saak verhoorgereed. Verskeie getuies sal deur die staat geroep word om te getuig.
Felicia Afrika.
Afrika is in die distrikshof deur landdros Stephanie Strydom borgtog van R2 000 toegestaan omdat sy, onder andere, ‘n eerste oortreder is, nie ‘n vlugrisiko is nie en geen ander hangende sake teen haar het nie.
Streeklanddros Ntsoki Moni het die saak verlede week tot 24 April 2024 uitgestel en Afrika se borgtog en borgtogvoorwaardes verleng.
Vorige artikels:
- Geliefde Bridgton rugbyklubspeler oorlede
- Verdagte vasgetrek in Boutros May moord
- Boutros May moord borgaansoek uitgestel
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Gemeenskap hou plakkaatbetoging vir Boelie
- Opvolg borgtogaansoek van Felicia Afrika
- Duisende by Boelie se begrafnis
- Boelie moordverdagte doen aansoek vir borgtog
- Borgtogaansoek uitgestel
- Boutros-moord Afrika weer voor op 24 Mei
- Borgtogaansoek weer uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’