OUDTSHOORN NUUS - Boutros May, geliefde rugbyspeler van Bridgton-rugbyklub, is vanoggend, 12 Februarie, oorlede na 'n voorval buite 'n nagklub in Oudtshoorn.
Volgens voorlopige inligting is May met 'n skerp voorwerp gesteek.
'n Navraag is aan die polisie gestuur.
Boutros se grootmaak-ma, Bevedine May, het aan Oudtshoorn Courant gesê dat haar seun se ontydige dood 'n groot skok vir familie en vriende is.
"Almal weet dat Boutros geleef het vir sy rugby en dat hy glad nie gerook of gedrink het nie. Ons as familie het nie kon dink dat ons ook n statistiek sal word nie."
Bridgton-rugbyklub se voorsitter, Phillip Goliath, het May se afsterwe betreur:
"Namens die klub wil ek graag simpatie en medelye betoon met die familie van die ontslape Boutros May. Boutros was 'n gentle gaint wat niemand enige leed sou aangedoen het nie. Rus sag Boelie, jy sal verewig in ons harte voort leef," het Goliath gesê.
Oudtshoorn Courant wil graag hul innige meegevoel aan die familie betuig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'