Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Leon Campher, bekende gemeenskapsleier, aktivis en lid van Dysselsdorp Advieskantoor betoog vandag, 17 Februarie, voor die Oudtshoorn-landdroskantoor, saam met familie, vriende en gemeenskapslede om teen die borgtogaansoek van Felicia Afrika (24) te betoog.
Hulle is hier om 'n memorandum aan die hooflanddros te oorhandig. Afrika het op 12 Februarie, voor die afgebrande Pasella-gebou in Adderleystraat vir Boutros 'Boelie' May, vermoedelik met 'n skerp voorwerp gesteek wat gelei het tot sy noodlottige dood.
Afrika kom vandag vir 'n borgtogaansoek voor. Na afloop van die hofverrigtinge sal die plakkaatbetogers 'n kranslegging in Adderleystraat voor die Pasella-gebou neerlê.
In 'n kort verskyning voor landdros Vaughn Shone, is Felicia Afrika se borgtogaansoek tot 23 Februarie uitgestel vir 'n borgprofiel en formele borgaansoek.
Vorige artikels:
- Boutros May-moord: Borgaansoek uitgestel
- Verdagte vasgetrek in Boutros May-moord
- Geliefde Bridgton-rugbyklubspeler oorlede
Foto's: Sonia Wahl
VIDEO - Betoging teen borgtogaansoek in Boutros ‘Boelie’ May - saak
VIDEO - Sers. Beulla Diedericks bid saam met familie
VIDEO - Leon Campher oorhandig memorandum
VIDEO - Familie lê krans neer vir Boutros 'Boelie' May
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'