OUDTSHOORN NUUS - Die formele borgtogaansoek van Felicia Afrika, die 24-jarige vrou wat verlede Sondagoggend vir die opspraakwekkende moord op Boutros ‘Boelie’ May (29) in hegtenis geneem is, is tot Vrydag 17 Februarie uitgestel.
May was ten tyde van sy ontydige dood 'n geliefde lid van die plaaslike gemeenskap en ook 'n baie gewilde rugbyspeler wat sedert sy skooldae reeds vir Bridgton-rugbyklub uitgedraf het.
Dié tragiese voorval het Sondagoggend 12 Februarie net na 00:00 voor die Pasella-gebou in Adderleystraat plaasgevind na 'n onderonsie waarin May noodlottig met 'n skerp voorwerp gesteek is.
Afrika is 'n paar uur na die moord deur die polisie in hegtenis geneem.
By navrae het die polisie aangedui dat May diep in sy skouer gesteek was waarna hy 'n paar uur later by die hospitaal oorlede is. 'n Ooggetuie het op voorwaarde van anonimiteit aan Oudtshoorn Courant gesê dat May aanvanklik nie deel was van die argument wat sy lewe geëis het nie.
Lees meer Donderdag.
Boutros ‘Boelie’ May. Foto: Facebook
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'