OUDTSHOORN NUUS - Felicia Afrika (24), die vrou wat van die moord op Boutros May aangekla word, se borgtogaansoek het Dinsdag in die Oudtshoorn-landdroshof begin.
Die verrigtinge is voorafgegaan met 'n vreedsame protesoptog teen borgtog vir die beskuldigde. Die optog is deur die gemeenskapsleier en stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, Leon Campher, gelei.
Die hof was stampvol met ondersteuners, vriende en familie van beide May en Afrika.
May is op 12 Februarie in Adderleystraat doodgesteek na 'n beweerde onderonsie. Hy was ten tyde van sy dood 'n baie gewilde rugbyspeler wat sedert sy skooldae reeds vir Bridgton-rugbyklub uitgedraf het.
Afrika is 'n paar uur na die moord in hegtenis geneem en is sedert haar arrestasie in aanhouding. Die saak is tot 24 Mei uitgestel
Lees die volledige berig in die week se koerant.
Boutros May
Felicia Afrika (24)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’