Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verdagte in die moordsaak van Bourtros 'Boelie' May, se saak is op 17 Februarie vir 'n borgtogprofiel en formele borgtogaansoek uitgestel.
Felicia Afrika (24), wat met die opspraakwekkende moord op May verbind word, is 'n paar uur na die moord deur die polisie in hegtenis geneem.
In die artikel Oudtshoorn treur oor Boelie word vertel dat 'n ooggetuie aan Oudtshoorn Courant gesê het dat May aanvanklik nie deel was van die argument wat sy lewe geëis het nie.
Daar was volgens hom glo 'n stryery tussen vriende van hulle en 'n onbekende groep. Boutros het volgens hom oorgeloop om te gaan kyk wat aangaan, en het Boutros 'n mes by een van die onbekende persone afgeneem.
Dit is toe dat Afrika volgens die ooggetuie daarop aangedring het dat hy die mes aan haar vriend terugbesorg. Hy vertel dat Afrika Boutros op die bors geklap het, hy na haar gemik-klap het en sy toe vir Boutros, met een hou, met 'n ander mes gesteek het.
Leon Campher, bekende gemeenskapsleier, aktivis en lid van Dysselsdorp Advies-kantoor het saam met die familie, gemeenskaps-lede en vriende voor die Oudtshoorn-landdroshof betoog.
Hulle het teen die borgtogaansoek van Afrika op 17 Februarie betoog en 'n memorandum met meer as 8 000 handtekening op aan hooflanddros, Ryan van Harte oorhandig.
Na afloop van die hofverrigtinge het die plakkaatbetogers na Adderleystraat gestap vir 'n kranslegging voor die afgebrande Pasella-gebou waar Boutros die oggend van 12 Februarie noodlottig gesteek is.
In 'n kort verskyning voor landdros Vaughn Shone, is Afrika se borgtogaansoek tot 23 Februarie uitgestel.
Vorige artikels:
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Boutros May-moord: Borgaansoek uitgestel
- Verdagte vasgetrek in Boutros May-moord
- Geliefde Bridgton-rugbyklubspeler oorlede
'n Groot skare ondersteuners het van Oudtshoorn-landdroshof na Adderleystraat gestap om 'n krans voor die afgebrande Pasella-gebou neer te lê waar Bourtros noodlottig met 'n mes gesteek is.
Vriende, gemeenskaps- en familielede het in hulle hordes opgedaag om te betoog teen die borgtogaansoek van Felicia Afrika. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'