Update
OUDTSHOORN NUUS - Die vrou wat van die moord op die rugbyspeler, Boutros (Boelie) May, aangekla word, het Donderdag weer vlugtig in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Felicia Afrika (24) het aangewys dat sy aansoek wil doen vir borgtog. Afrika word daarvan aangekla dat sy May die oggend van 12 Februarie naby 'n kuierplek in
St. Johnstraat, met 'n skerp voorwerp in die skouer gesteek en hy 'n paar uur later in die hospitaal beswyk het.
Honderde gemeenskapslede het met haar eerste hofverskyning deelgeneem aan 'n plakkaatbetoging voor die hofgebou waartydens 'n petisie aan hooflanddros Ryan van Harte oorhandig is, waarin versoek word dat borgtog nie aan Afrika toegestaan moet word nie.
Landdros Stephanie Strydom het die saak vir die borgaansoek tot 16 Mei uitgestel.
Vorige artikels:
- Duisende by Boelie se begrafnis
- Opvolg: borgtogaansoek van Felicia Afrika
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Boutros May-moord: Borgaansoek uitgestel
- Verdagte vasgetrek in Boutros May-moord
- Geliefde Bridgton-rugbyklubspeler oorlede
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’