Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vrou wat van moord op die rugbyspeler, Boutros (Boelie) May, aangekla word, is Donderdag in die Oudtshoorn-landdroshof vir 'n datum om na die streekhof oorgeplaas te word tot vandag (17 Augustus) uitgestel.
Die 24-jarige Felicia Afrika word daarvan aangekla dat sy in Februarie vanjaar vir May in St Johnstraat naby 'n bekende kuierplek een keer met 'n skerp voorwerp gesteek en hy later in die hospitaal gesterf het.
Landdros Stephanie Strydom het Afrika se borgtog van R2 000 en borgtog-voorwaardes tot haar volgende verskyning verleng.
Haar borgtogvoorwaardes behels onder meer dat sy by haar pa moet tuisgaan, elke dag tussen 16:00 en 18:00 by die Bridgton-polisiestasie aanmeld, nie by verdere misdaad betrokke moet raak nie en haar weerhou van die gebruik van dwelms en alkohol.
Vorige artikels:
- Afrika verskyn weer vlugtig in hof
- Borgtogaansoek tot Donderdag uitgestel
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Staat vra uitstel vir borgtogaansoek
- Boutros-moord: Afrika weer voor op 24 Mei
- Borgtogaansoek uitgestel
- Duisende by Boelie se begrafnis
- Opvolg: borgtogaansoek van Felicia Afrika
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Boutros May-moord: Borgaansoek uitgestel
- Verdagte vasgetrek in Boutros May-moord
- Geliefde Bridgton-rugbyklubspeler oorlede
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’