Update
OUDTSHOORN NUUS - Anzelle Loubsher, staatsaanklaer in die moordsaak teen Felicia Afrika, het vandag die hof vir uitstel in Afrika se borgtogaansoek gevra.
Die staat wil die aansoek heropen omdat daar nuwe bewyse bekom is wat hulle met die aansoek wil indien.
Afrika is op 12 Februarie in hegtenis geneem na sy na bewering vir Boutros May met ‘n mes in Adderleystraat gesteek het.
Die borgtogaansoek is verlede week in die Oudtshoorn-landdroshof begin, maar is tot vandag vir die landdros se uitspraak uitgestel.
Die landdros het die saak tot 1 Junie uitgestel, maar het gesê dat as die staat teen dan nog nie reg is om die nuwe bewyse te bring nie, sal die hof met die uitspraak voortgaan.
Felicia Afrika
Vorige artikels:
- Boutros-moord: Afrika weer voor op 24 Mei
- Borgtogaansoek uitgestel
- Duisende by Boelie se begrafnis
- Opvolg: borgtogaansoek van Felicia Afrika
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Boutros May-moord: Borgaansoek uitgestel
- Verdagte vasgetrek in Boutros May-moord
- Geliefde Bridgton-rugbyklubspeler oorlede
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’