Update
OUDTSHOORN NUUS - Week 3 van die Preston Titus-moordverhoor het vandag in die rondgaande hooggregshof op Oudtshoorn begin.
Die getuienis van Sixabiso Klip, die eerste verdagte wat in hegtenis geneem is en reeds 15 jaar tronkstraf uitdien, het verlede Donderdag klaargemaak.
Ao. Anna-Marie van Niekerk, 'n spesialis in die ontleding van selfoonrekords, het vandag begin getuig. Sy was ook 'n staatsgetuie in die opspraakwekkende Rohde-moord en Hannah Cornelius-moord.
Van Niekerk het vanoggend 10:00 begin om aan die hof die uiteensetting van die oproepe en SMS'e tussen Magdaleen Titus en die ander verdagtes voor die hof, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masithembe Janaury te verduidelik.
Volgens haar is daar nog een persoon, Elvis Galeboe, wie se selfoonrekords ook deur haar ge-analiseer is. Sy het egter nog nie genoem hoekom Galeboe se selfoonrekords tot die saak van belang is nie.
Sy het tot voor middagete oor die kommunikasie tussen Titus en die verdagtes vanaf 30 November 2017 tot 1 Desember 2017 getuig. Daar is egter nog net oor datums en tye gepraat.
Die hof sal na middagete voor voortgaan.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
- Weermagmoord: Staat klaar met Klip
- Weermagmoord: Klip getuig in moordverhoor
- Weermagmoord: Dag 4 van weermagmoordverhoor
- Weermag-moordverhoor begin
- Dag 3 van weermagmoordverhoor
- Opvolg: Dag 2 van Weermagmoordverhoor
- Weermagmoord-verhoor: Dag 2
- Opvolg: Weermagmoord-verhoor
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'