Update
OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus kon nie vandag voort gaan nie, omdat Masithembe January (MJ), een van die verdagtes, siek is.
Volgens sy prokureur, Louise Luterer, het MJ gekla oor asemhalingsprobleme en sou hy vandag ‘n dokter besoek het. MJ is nie in aanhouding nie.
Ao. Anne-Marie van Niekerk, 'n spesialis in die ontleding van selfoonrekords, het gister begin getuig. Haar getuienis sal waarskynlik dus môre voortgaan.
Sy het gister begin om aan die hof die uiteensetting van die oproepe en SMS'e tussen Magdaleen Titus en die ander verdagtes voor die hof, Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masithembe Janaury te verduidelik. Volgens haar is daar nog een persoon, Elvis Galeboe, wie se selfoonrekords ook deur haar ge-analiseer is.
Sy het egter nog nie genoem hoekom Galeboe se selfoonrekords tot die saak van belang is nie.
Sy het tot voor middagete oor die kommunikasie tussen Titus en die verdagtes vanaf 30 November 2017 tot 1 Desember 2017 getuig. Daar is egter nog net oor datums en tye gepraat.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Week 3 van moordverhoor
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
- Weermagmoord: Staat klaar met Klip
- Weermagmoord: Klip getuig in moordverhoor
- Weermagmoord: Dag 4 van weermagmoordverhoor
- Weermag-moordverhoor begin
- Dag 3 van weermagmoordverhoor
- Opvolg: Dag 2 van Weermagmoordverhoor
- Weermagmoord-verhoor: Dag 2
- Opvolg: Weermagmoord-verhoor
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'