Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Polisie het vanoggend Derdelaan in Bongolethu, Oudtshoorn afkordon vir die ter plaatse ondersoek wat deur die rondgaande hooggeregshof plaasgevind het.
Die hof het Natasha Stuurman, een van die verdagtes in die Preston Titus-moordverhoor, se woning besoek.
Sixabiso Klip, wat reeds tot 15 jaar gevangenisstraf vir dié moord gevonnis is, se huis is oorkant Stuurman s'n, ook in Derdelaan.
Stuurman se prokureur, Chris Morgan, het die ondersoek gelei en aan die ander regsverteenwoordigers, sowel as die regter, die binnekant van die huis verduidelik.
Daar word beweer dat die vermeende huurmoordenaars glo by Stuurman oornag het en dat Klip Stuurman se voertuig gebruik het om die vermeende moordenaars na die Titus-huis te neem om die moord te pleeg, en daarna George toe geneem het.
Klip het gister oor die moord op Preston getuig. Sy kruisondervraging deur die verdediging se regsverteenwoordigers sal 12:00 voortgaan.
Kyk 'n video hieronder.
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoord: Staat klaar met Klip
- Weermagmoord: Klip getuig in moordverhoor
- Weermagmoord: Dag 4 van weermagmoordverhoor
- Weermag-moordverhoor begin
- Dag 3 van weermagmoordverhoor
- Opvolg: Dag 2 van Weermagmoordverhoor
- Weermagmoord-verhoor: Dag 2
- Opvolg: Weermagmoord-verhoor
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'