Update
OUDTSHOORN NUUS - Die moordverhoor van Preston Titus, wat vroeër die jaar in die rondgaande hooggeregshof op Oudtshoorn begin het, is vanoggend na Woensdag 15 Mei uitgestel.
Masithembe January (MJ), een van die beskuldigdes, het glo vervoer probleme en sal eers môre in Oudtshoorn wees en Magdaleen Titus, nog 'n beskuldigde se regsverteenwoordiger Mostaque Holland, sal eers Woensdag beskikbaar wees.
Die verhoor het in Maartmaand midde 'n verhoor binne verhoor gestop en sou vandag voort gegaan het.
Justice Mooi, 'n derde beskuldigde in die saak, se prokureur, adv. Stoffel Prinsloo, betwis die bekentenis wat Mooi na bewering by die polisie afgelê het omdat die verklaring glo onder dwang afgelê is en dat Mooi hardhandig deur die polisie behandel is.
Verskeie polisiebeamptes het in Maart getuig.
Ao. Martin le Roux, 'n ondersoekbeampte in die saak, was die laaste getuie wat vandag met sy getuienis oor Mooi se arrestasie in Port Elizabeth moes voortgaan.
Dit sal egter Woensdag voortgesit word.
'n Lasbrief vir MJ se in hegtenisname is uitgereik en sal tot Woensdag oorstaan. Mooi bly in aanhouding en Titus en Natasha Stuurman, die vierde verdagte in die moord, se borgtog is verleng.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Verhoor binne 'n verhoor oor bekentenis
- Weermagmoordverhoor steeds aan die gang
- Weermagmoord: Selfoonrekords ontleed
- Weermagmoord: Moordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Week 3 van moordverhoor
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
- Weermagmoord: Staat klaar met Klip
- Weermagmoord: Klip getuig in moordverhoor
- Weermagmoord: Dag 4 van weermagmoordverhoor
- Weermag-moordverhoor begin
- Dag 3 van weermagmoordverhoor
- Opvolg: Dag 2 van Weermagmoordverhoor
- Weermagmoord-verhoor: Dag 2
- Opvolg: Weermagmoord-verhoor
- Weermagmoord: Saak begin amptelik
- Weermagmoord: Verdagtes vandag in hof
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'