Update
OUDTSHOORN-NUUS - Die verhoor van die 32-jarige musiekonderwyser, Sulayman Human, is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof tot 29 September vir verdere getuienis uitgestel.
Human het skuldig gepleit op twee aanklagte van statutêre verkragting en een van seksuele aanranding, maar ontken 'n vierde aanklag van seksuele gereedmaking (grooming).
Die beweerde voorvalle het in 2024 plaasgevind toe Human klavierlesse aan die klaagster by 'n laerskool en 'n kerksorgsentrum aangebied het.
Die klaagster het tydens haar getuienis gesê dat Human haar gereeld spesiale aandag gegee en geskenke gekoop het en dat die twee gereeld per selfoon gekommunikeer het. Die saak word deur streeklanddros Daniel Boks aangehoor.
Human, wat sedert Februarie 2025 in aanhouding is, word deur Zac Lipschitz verteenwoordig, terwyl Nadia Arnolds die staatsaanklaer is.
Vorige artikels:
- Musiekonderwyser weer op 24 Junie voor
- Borgtog vir musiekonnie geweier
- Borgtogaansoek van onnie uitgestel
- Musiekonnie eers in 2026 verhoor
- Borgaansoek Maandag voortgesit
- Musiekonderwyser se borgtog uitgestel
- Musiekonnie in hof vir verkragting
- Oudtshoorn musiek-onnie voor vir verkragting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’