OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Drezene Jonkerman (39) van Oudtshoorn wat van moord op haar sewejarige seuntjie, Ashwin Jonkerman aangekla word, is Woensdag 21 Mei in die Oudtshoorn-streekhof tot 11 Junie uitgestel vir ’n moontlike pleitooreenkoms met die staat.
Jonkerman, het na bewering haar kind die oggend van 19 Augustus 2024 verwurg toe sy besig was om hom te was en glo sy pa in sy gesig gesien het.
Jonkerman se regshulpprokureur, Margareta Aucamp, het die hof verlede Woensdag meegedeel dat pleitonderhandelinge met die staat vir ‘n moontlike pleitooreenkoms steeds aan die gang is en die hof versoek om die saak nog ‘n keer uit te stel.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Hyron Goulding verskyn vir die staat.
Jonkerman bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Ma wat glo kind verwurg wil ooreenkoms met staat aangaan
- Ma wat glo seun moor vlugtig in hof
- Ma wat glo kind wurg weer in hof
- Ma wat kind verwurg se borgtog geweier
- Ma wat doen jy? Ek is lief vir jou
- Engelking begrawe, ma agter tralies
- Engelking begrawe
- Vrou in hegtenis vir seuntjie se moord
- Aswin glo vermoor
- Moord ondersoek geopen na seuntjie se dood
- 7-Jarige sterf in sy slaap
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’