Update
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete was Saterdag, 24 Augustus saam in rou met die begrafnis van wyle 7-jarige Ashwin Jonkerman by die Sewendedagadventiste Kerk in Bridgton.
Tydens 'n huldeblyk is verwys na die engelkind wat sy kort skoolloopbaan by Mickey Mouse Kleuterskool begin het, en voor sy moord, 'n leerder van De Villiers Primêre skool was. In haar huldeblyk 'n voormalige klasonderwyser van hom, genoem dat Ashwin 'n stil, vriendelike en behulpsame kind was.
"Jy het met klein voetjies groot spore in ons harte getrap."
Ma in hof vir moordklag
Drezene Jonkerman (39), die ma van wyle Ashwin het Vrydag, 23 Augustus in die Oudtshoorn Landroshof op 'n klag van moord verskyn.
Volgens Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die saak uitgestel tot Dinsdag, 27 Augustus.
"Die beskuldigde is in aanhouding en die saak is uitgestel vir regsverteenwoordiging."
Die geregtelike doodsondersoekdossier is na moord verander ná die voorlopige uitslag van die nadoodse ondersoekverslag. Hierdie verslag vorm deel van die voortgesette polisieondersoek.
Die seun se liggaam is Sondag 11 Augustus om 11:30 in sy slaapkamer in Korhaanlaan, Bridgton gevind. Met nooddienste se aankoms by die huis het paramedici hom op die toneel dood verklaar.
Volgens ingeligte bronne blyk dit dat Ahswin waarskynlik verwurg is, maar dit kon nie bevestig word nie.
Ten slotte noem Spies dat die stasiebevelvoerder van Oudtshoorn-polisie, brig. Avral Kriga, die ondersoekspanlede prys vir hul ywer wat gelei het tot die arrestasie en daaropvolgende hofverskyning van die beskuldigde.
Vir vorige berigte lees hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’