Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die 39-jarige Drezene Jonkerman van Bridgton, wat van die moord op haar sewejarige seuntjie aangekla word, is in die Oudtshoorn-landdroshof vir verdere ondersoek tot 28 Oktober uitgestel.
Jonkerman het volgens die ondersoekbeampte, a.o. Wilfred Apollis, na haar arrestasie op 21 Augustus vanjaar, aan 'n vroue polisiebeampte, sers. Sharone Flemmer, beken dat sy haar seuntjie, Ashwin Jonkerman verwurg het.
Sy het glo die kind se pa in sy gesig gesien en besluit het om hom dood te maak.
Landdros Zuastrid Deyce het bevind dat Jonkerman in aanhouding moet bly omdat sy nie die hof oortuig het om borgtog aan haar toe te staan nie.
Vorige artikels:
- Ma wat kind verwurg se borgtog geweier
- Ma wat doen jy? Ek is lief vir jou
- Engelking begrawe, ma agter tralies
- Engelking begrawe
- Vrou in hegtenis vir seuntjie se moord
- Aswin glo vermoor
- Moord ondersoek geopen na seuntjie se dood
- 7-Jarige sterf in sy slaap
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’