Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Vrou is in hegtenis vir die moord op die 7-jarige Ashwin Jonkerman. Sy is Woensdagaand, 21 Augustus in Bridgton in hegtenis geneem deur Oudtshoorn speurders.
Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder het aan Oudtshoorn Courant bevestig dat 'n 39-jarige vrou, Vrydag, 23 Augustus in die Oudtshoorn Landroshof op 'n klag van moord moet verskyn.
Die geregtelike doodsondersoekdossier is na moord verander ná die voorlopige uitslag van die nadoodse ondersoekverslag. Hierdie verslag vorm deel van die voortgesette polisieondersoek.
Die seun se liggaam is Sondag 11 Augustus om 11:30 in sy slaapkamer in Korhaanlaan, Bridgton gevind. Met nooddienste se aankoms by die huis het paramedici hom op die toneel dood verklaar.
Volgens ingeligte bronne blyk dit dat Ahswin waarskynlik verwurg is, maar dit kon nie bevestig word nie.
Begrafnisreëlings is uitgestel tot Sondag 25 Augustus, maar met Oudtshoorn Courant se besoek aan die familie Donderdagmiddag, 22 Augustus kon die familie nie bevestig of die begrafnis wel nou gaan voortgaan nie.
Lees meer berigte hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’