Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Drezene Jonkerman (39) van Oudtshoorn, wat van moord op haar sewejarige seuntjie, Ashwin Jonkerman, aangekla word, is Maandag 5 Mei in die streekhof vir 'n moontlike pleitooreenkoms met die staat tot 21 Mei uitgestel.
Jonkerman het na bewering haar kind die oggend van 19 Augustus 2024 verwurg toe sy besig was om hom te was en sy pa in sy gesig gesien het.
Sy is toe kerk toe en met haar terugkeer het sy gesien dat hy dood is.
Haar regshulpprokureur, Margareta Aucamp, het die hof gister meegedeel dat sy 'n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan en het vir die voorbereiding daarvan uitstel gevra.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en Hyron Goulding verskyn vir die staat.
Jonkerman bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- Ma wat glo seun moor vlugtig in hof
- Ma wat glo kind wurg weer in hof
- Ma wat kind verwurg se borgtog geweier
- Ma wat doen jy? Ek is lief vir jou
- Engelking begrawe, ma agter tralies
- Engelking begrawe
- Vrou in hegtenis vir seuntjie se moord
- Aswin glo vermoor
- Moord ondersoek geopen na seuntjie se dood
- 7-Jarige sterf in sy slaap
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’