Update
OUDTSHOORN NUUS - Die diefstalsaak van die beweerde Badenhorst Slaghuis-diewe sloer steeds.
Tammy Weyers en Fritz Jacobs het Dinsdag weer in die Oudtshoorn-streekhof verskyn waar hul pleitooreenkoms aan die hof voorgehou moes word.
Die saak is verlede maand uitgestel omdat die staatsaanklaer nie die ooreenkoms met die eienaar van die slaghuis, waar die diefstal plaasgevind het, kon bespreek nie.
Die saak is Dinsdag weer uitgestel omdat die eienaar, volgens die staat, nie met die ooreenkoms tevrede is nie. Die pleitooreenkoms is nog nie in die hof gelees nie.
Weyers en Jacobs is Septem-ber verlede jaar in Knysna in hegtenis geneem nadat hulle na bewering met R242 000 van Badenhorst Slaghuis en die werk se bakkie verdwyn het. Jacobs is glo gevra om die dag van hul verdwyning die geld te gaan bank, maar hy het nooit die bank gehaal nie.
Hulle is op aanklag van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming in hegtenis geneem. Weyers is in Oktober op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl borgtog aan Jacobs geweier is na sy ma tydens sy borgtogaansoek getuig het en die hof gevra het om nie haar seun op borgtog vry te laat nie omdat hy glo 'n probleem met dwelms het.
Die saak is tot 12 April vir die opstel van 'n oreenkoms, uitgestel.
Lees vorige artikels hier:
- Beweerde diewe hoor eersdaags hul lot
- Saak vir moontlike pleit uitgestel
- Beweerde diewe in streekhof
- Streekhofdatum vir beweerde diewe
- Slaghuissaak uitgestel vir streekhofbeslissing
- Ma pleit dat seun nie borg kry nie
- Opvolg: Ma pleit vir seun
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'