Update
OUDTSHOORN NUUS - Fritz Jacobs en Tammy Weyers, die beweerde Badenhorst Slaghuis-diewe, behoort op 20 Maart hul lot te hoor.
Dié twee het Maandag weer in die Oudtshoorn-streekhof verskyn, en volgens hul regshulpprokureur, Eugene Roos, is daar 'n pleitooreenkoms opgestel wat reeds aanvaar is.
Die ooreenkoms kon egter nie voor die hof gebring word nie, omdat dit eers met die eienaar van die slaghuis bespreek moet. Die eienaar is tans met verlof.
Landdros Retha Pretorius het dus die saak tot 20 Maart uitgestel.
Jacobs en Tammy is September verlede jaar in Knysna in hegtenis geneem na hulle na bewering met R242 000 van Badenhorst Slaghuis en die werk se bakkie verdwyn het.
Jacobs is glo gevra om die dag van hul verdwyning die geld te gaan bank, maar hy het nooit die bank gehaal nie.
Hulle is op aanklagte van diefstal en die gebruik van 'n voertuig sonder die eienaar se toestemming in hegtenis geneem. Weyers is in Oktober op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl borgtog aan Jacobs geweier is na sy ma tydens sy borgtogaansoek getuig het en die hof gevra het om nie haar seun op borgtog vry te laat nie omdat haar seun glo 'n probleem met dwelms het.
Lees vorige artikels hier:
- Saak vir moontlike pleit uitgestel
- Beweerde diewe in streekhof
- Streekhofdatum vir beweerde diewe
- Slaghuissaak uitgestel vir streekhofbeslissing
- Ma pleit dat seun nie borg kry nie
- Opvolg: Ma pleit vir seun
- Ma vra dat seun aangehou word
- Landdros sê môre oor borg
- Borgtogaansoek uitgestel
- Paartjie verskyn in die hof
- Paartjie in Knysna vasgetrek
- Fritz Jacobs gevang
- Nog geen nuus oor twee vermistes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'