Update
OUDTSHOORN NUUS - Felicia Afrika, wat op die moord van Boutros May teregstaan, het Dinsdag weer vlugtig in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
Die saak is tot 3 Augustus uitgestel en haar borgtog van R 2 000 en borgtogvoorwaardes is verleng.
Die saak is deur landdros Stephanie Strydom uitgestel na die meedeling van die staat dat nog twee verklarings uitstaande is en gewag word vir ‘n streekhofbeslissing.
Afrika word van moord op die rugbyspeler, Boutros (Boelie) May (29) aangekla. Sy het na bewering in Februarie vanjaar vir May met ‘n skerp voorwerp gesteek en hy is later in die hospitaal dood.
Landdros Strydom het verlede maand borgtog aan Afrika toegestaan na haar bevinding dat daar geen bewyse voor die hof is dat die beskuldigde met getuies sal inmeng, hulle probeer intimideer, die regstelsel of borgtogstelsel sal belemmer of ‘n geneigdheid het om misdaad te pleeg nie.
Voorts het die hof ook die “nuwe inligting” wat die staat voorgelê het, as irrelevant bevind en beklemtoon dat dit ‘n Skedule 5 en nie ‘n Skedule 6 borgtogaansoek was.
Oor ‘n bakleiery in die tronk waarby sy betrokke was sou dit, volgens die landdros, wys gewees het van die staat om ‘n korrektiewe beampte daaroor te laat getuig.
Afrika se borgtogvoorwaardes behels dat sy by haar pa moet tuisgaan, elke dag tussen 16:00 en 18:00 by die Bridgton-polisiestasie aanmeld, nie by verdere misdaad betrokke moet raak nie, haar weerhou van die gebruik van dwelms en alkohol en alle hofdatums moet bywoon.
Vorige artikels:
- Borgtogaansoek tot Donderdag uitgestel
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Staat vra uitstel vir borgtogaansoek
- Boutros-moord: Afrika weer voor op 24 Mei
- Borgtogaansoek uitgestel
- Duisende by Boelie se begrafnis
- Opvolg: borgtogaansoek van Felicia Afrika
- Gemeenskap betoog teen borgtog
- Boutros May-moord: Borgaansoek uitgestel
- Verdagte vasgetrek in Boutros May-moord
- Geliefde Bridgton-rugbyklubspeler oorlede
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’