Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van Sulayman Human (32), ’n musiekonderwyser van Oudtshoorn wat teregstaan op aanklagte van seksuele aanranding, twee van verkragting en seksuele gereedmaking (grooming) van ’n minderjarige, het Vrydag in die streekhof met die getuienis van die 15-jarige klaagster begin.
Human pleit skuldig op die aanklag van seksuele aanranding, maar onskuldig op die ander drie aanklagte. Wat die twee aanklagte van verkragting betref, pleit hy skuldig op die alternatiewe aanklagte van statutêre verkragting (seks met ’n minderjarige wat volgens die wet nie geldig kan instem nie).
Die staat het aanvanklik Human se pleitverduideliking ten opsigte van statutêre verkragting van die hand gewys, maar dit later aanvaar.
Die beweerde voorvalle met die klaagster, wat toe 13 jaar oud was, het in 2024 plaasgevind toe Human vir haar klavierlesse aangebied het.
Die klaagster het tydens haar getuienis gesê sy het “gevoelens” vir Human gehad en nie wou hê hy moes iemand anders kry nie. Sy het aanvanklik nie haar ma van die voorvalle vertel nie. Volgens haar het sy eers ’n vriendin daarvan vertel, waarna die vriendin dit aan haar ma oorgedra het.
Lees die volledige berig in die week se Oudtshoorn Courant.
Vorige artikels:
- Musiekonderwyser weer op 24 Junie voor
- Borgtog vir musiekonnie geweier
- Borgtogaansoek van onnie uitgestel
- Musiekonnie eers in 2026 verhoor
- Borgaansoek Maandag voortgesit
- Musiekonderwyser se borgtog uitgestel
- Musiekonnie in hof vir verkragting
- Oudtshoorn musiek-onnie voor vir verkragting
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’