OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Meeste atlete maak tans gebruik van die vergunningtydperk om fiks te bly.
Die verslapping van die reëls bepaal dat Suid-Afrikaanse burgers van 06:00 tot 09:00 in die oggend (met ‘n masker) mag oefen of stap.
John April, bekende atleet van Oudtshoorn, is verheug dat hy nou buite kan draf sonder die vrees dat hy vervolg kan word.
"Om buite te kan draf is goed vir my siel, want ‘n mens kan net soveel keer om die huis draf en binne die huis oefen,” sê hy. “Ek weet dat die ‘lockdown’ baie atlete se dissipline toets want dis so maklik om slap te lê, en voor jy besef is jou liggaam onfiks.
"Vandat die verslapping aangekondig is, stel ek saans my wekker om seker te maak ek is betyds wakker vir 06:00 omdat ek nie ‘n sekonde van die drie-uur vrye tydperk wil mis nie!”
April het ‘n energieke video aan die Oudtshoorn Courant gestuur waar hy besig is met sy oefenroetine gedurende die inperkingstyd.
Kyk die video hieronder:
‘Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus’