OUDTSHOORN NUUS - Honderde leerders van kleuter- en laerskole het Sondag 19 Oktober die jaarlikse biddag vir matrikulante, aangebied deur EdenFM, in die Bridgton United Congregational Church bygewoon.
Pastoor Ronnie Prins van Shalom Ministries, het in sy boodskap na aanleiding van Mattheus 25 aan matrikulante gesê dat elkeen van hulle uniek is, dat hulle geleenthede sal kry om hul talente te gebruik en die beloning vir getrouheid en harde werk baie groot is.
Die diensleier, Morné Petersen, stasiebestuurder van EdenFm het ook die matrikulante aangemoedig om hul talente te gebruik, hard te werk en Oudtshoorn trots te maak.
“Los die ‘gap’-jaar as dit jou niks in die sak bring nie. Ons kinders moet uitstyg in die lewe. Dit is wat ons wil hê. Jy moet ’n ster wees wat hoog skyn.”
Die diens is opgehelder met onder andere sang- en dansitems deur kleuters van verskeie kleuterskole asook leerders van die onderskeie skole wat die diens bygewoon het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’