OUDTSHOORN NUUS - ‘n Student van die Suid-Kaap Kollege in Oudtshoorn, Ingrid McPherson (28) is sedert Saterdag 11 Oktober vermis.
Sy is woonagtig in die kollege koshuis en het haar student vriende het haar sedert Saterdag nie gesien nie.
Haar selfoon is ook af en is geen kontak van haar ontvang nie.
Haar bekommerde ouers het haar as vermis aangemeld by Oudtshoorn-polisie en word daar tans na haar gesoek.
Indien enigiemand weet waar sy haar bevind kan haar ma, Lena gekontak word op 063 074 9012.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’