Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Met Cango Wildlife Ranch as nuwe hoofborg, en Oudtshoorn Courant (Group Editors), Jakhals Event Management en die Oudtshoorn-munisipaliteit as trotse vennootskapborge, was die 2025 Cango Wildlife Sake-Aflos weereens 'n groot hoogtepunt op die Oudtshoorn-kalender.
'n Rekordgetal van 61 spanne het aan vanjaar se aflos deelgeneem, elkeen met entoesiasme, spanwerk en kleurvolle kostuums wat die gees van gemeenskap en samehorigheid perfek vasgevang het.
Die jaarlikse projek van die Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) het weereens sy doel bereik: om die mense van Oudtshoorn saam te bring.
Met Lekker Nikki aan die stuur van vermaak, ondersteun deur David McKinnon, is Baron van Reedestraat voor Santa Fe Spur in 'n lewendige feesviering omskep.
Die Baywatch Beach Boys het die hardloopitem en Best Funny Dressed gewen. Hulle is, van links: CJ Jaftha, Burger Foucheé, William van Tonder, Lian Verwey en Alexander van der Westhuizen. Foto verskaf
Die burgemeester van Oudtshoorn, Johan Allers, het die voorreg gehad om die spanne te laat wegspring.
Galery: Straatmyl was reusesukses
Wenners per kategorie
- Gestremde kategorie: The Rollers
- Stap: Black Mountain CrossFit - WOD Squad
- Hardloop (gemeng): Senior Cheetahs
- Hardloop (dames): GoPhysio Inc
- Hardloop (mans): Baywatch Beach Boys
- Besighede: Pam Golding Sprint
- Hoërskool (seuns): The Bank
- Laerskool (seuns): Pen Men
- Laerskool (meisies): Wind Runners
- Best Funny Dressed: Baywatch Beach Boys
Die enorme sukses van die Cango Wildlife Sake-Aflos sou nie moontlik wees sonder die ruim ondersteuning van donateurs, borge en plaaslike besighede wat hul tyd, dienste en produkte gratis beskikbaar gestel het nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’