LADISMITH-NUUS - Brandbestryders van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit (TDM) is gistermiddag, 20 Oktober, ontplooi om die Kannaland-munisipaliteit by te staan met die blus van ’n brand by die stortingsterrein in Ladismith.
Vandag versterk die TDM die bestaande aksieplan deur nog ’n 6 000 liter watertenkwa na die terrein te stuur, benewens die twee tenkwaens wat reeds ontplooi is.
Hierdie ekstra hulpmiddel sal help om meer water op die grond te kry en ’n bykomende skuimlaag oor die brandgebied aan te bring. Die skuimlaag dien as ’n bedekking om die rook te verminder. Die rook waai tans in die rigting van nabygeleë woongebiede.
Daar is ook planne om ’n stootskraper in te bring om die aktiewe brandgebied in kleiner afdelings te verdeel. Dit sal brandbestryders in staat stel om die brand meer doeltreffend te beheer en die warm kolle beter te isoleer van reeds versadigde dele.
Op die toneel werk brandbestryders van beide die TDM en beskermingsdienste van die Kannaland-munisipaliteit saam om die brand onder beheer te bring.
Inwoners word herinner om enige veld- of oopbrande onmiddellik by die TDM-noodoproepsentrum by 044 805 5071 of via WhatsApp by 081 709 5193 aan te meld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’