OUDTSHOORN NUUS - Die OVK het die ANC en die munisipale bestuurder van Oudtshoorn twee weke gelede in kennis gestel dat Magdaleen Titus nie langer 'n ANC-raadslid mag wees nie.
Volgens Faiez Jacobs, provinsiale sekretaris van die ANC, het Titus op Worcester geregistreer vir die afgelope verkiesing. Raadslede mag egter slegs in die kiesafdeling waar hulle op die raad dien, as kieser registreer. Die OVK het op grond hiervan opgetree, sê Jacobs.
Titus se lidmaatskap van die ANC word tans deur die ANC se komitee vir etiese aangeleenthede hanteer, sê Jacobs.
Allen Paulse, munisipale bestuurder van Oudtshoorn, sê hy het twee weke gelede reeds 'n vakature op die raad verklaar.
Aangesien Titus 'n proporsionele raadslid, en nie 'n verkose een is nie, moet die ANC iemand benoem om haar pos te vul.
"Ek wag nou vir die ANC om vir my 'n naam te stuur van die persoon waarmee Titus se raadspos gevul moet word."
Sodra die naam aan hom gestuur is sal die nuwe raadslid tydens 'n raadsvergadering ingesweer word.
Titus is tans in Worcester nadat sy verlede jaar op borgtog vrygelaat is in die moordsaak waarin sy teregstaan.
Die saak word weer op 26 Augustus in Oudtshoorn hervat. (Sien berig: Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord.)
Lees verwante artikels hier:
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
- Titus-Moordverhoor weer uitgestel
- Weermagmoordverhoor wéér uitgestel
- Weermagmoordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Verhoor binne 'n verhoor oor bekentenis
- Weermagmoordverhoor steeds aan die gang
- Weermagmoord: Selfoonrekords ontleed
- Weermagmoord: Moordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Week 3 van moordverhoor
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'