Update
OUDTSHOORN NUUS - Al vier verdagtes in die Preston Titus-moordverhoor was vanmiddag by die hof teenwoordig. Masithembe January was laat vir vanoggend se hofverrigtinge.
Regter Nolwazi Boqwana het aan die hof gesê dat die saak na Woensdag uitgestel sodat Magdaleen Titus en Natasha Stuurman se regshulpprokureurs op rekord kan kom. Die saak sal dan na Maandag uitgestel word sodat die verhoor kan voortgaan.
Die verhoor het in Maartmaand vanjaar midde 'n verhoor binne 'n verhoor gestop en is sedertdien vertraag weens die onsekerheid rondom Stuurman en Titus se regsverteenwoordigers.
Die verhoor binne verhoor handel oor 'n bekentenis wat Justice Mooi, 'n beskuldigde in die saak, glo gemaak het. Sy prokureur, adv. Stoffel Prinsloo, betwis die bekentenis omdat die verklaring glo onder dwang afgelê is en dat Mooi hardhandig deur die polisie behandel is.
Verskeie polisiebeamptes het in Maart getuig.
Ao. Martin le Roux, 'n ondersoekbeampte in die saak, was die laaste getuie en het oor Mooi se arrestasie in Port Elizabeth moes voortgaan. Mooi bly in aanhouding en Titus en Natasha Stuurman, die vierde verdagte in die moord, se borgtog is verleng.
Le Roux is gewaarsku om Maandag in die hof te wees sodat hy sy getuienis kan voortsit.
Justice Mooi en Magdaleen Titus in gesprek in die hof.
Foto's: Liezl van Niekerk
Lees vorige artikels hier:
- Weermagmoordverhoor-opvolg
- Getuie in Titus-saak by nog 'n moord
- Getuie in Titus-saak by nog 'n huurmoord
- Weermagmoord: Saak weer weens wanbetaling uitgestel
- Weermagmoordverhoor weens wanbetaling uitgestel
- Titus-Moordverhoor weer uitgestel
- Weermagmoordverhoor wéér uitgestel
- Weermagmoordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Verhoor binne 'n verhoor oor bekentenis
- Weermagmoordverhoor steeds aan die gang
- Weermagmoord: Selfoonrekords ontleed
- Weermagmoord: Moordverhoor uitgestel
- Weermagmoord: Week 3 van moordverhoor
- Weermagmoord: Titus sê Klip is meesterbrein
- Weermagmoord: Ter plaatse ondersoek
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'