OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Samantha Meyer (40), bestuurder van die voertuig wat op 8 November 2024 in ’n noodlottige botsing op die kruising van Voortrekkerweg en Randstraat betrokke was is verlede Donderdag in die streekhof tot 10 Februarie 2026 uitgestel omdat die beskuldigde vertoë tot die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging gerig het.
Meyer word aangekla van strafbare manslag, dronkbestuur, roekelose en/ of nalatige bestuur.
Dié botsing het gelei tot die dood van die 24-jarige PJ 'Pokkels' Sauls, ’n jong onderwyser van Laerskool PJ Badenhorst in Dysselsdorp.
Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof verlede week hieroor ingelig en vir uitstel gevra.
Die klagte van strafbare manslag is op 10 Junie in die landdroshof deur die staat teruggetrek, maar later weer teruggeplaas op die klagstaat. Meyer is uit op waarskuwing.
Vorige berigte:
- Meyer gaan wel van strafbare mansslag aangekla word
- Sauls-familie woendend oor onregverdige hofbesluit
- Saak van strafbare manslag teen bestuurder teruggetrek
- Familie van PJ Sauls kwaad vir hof
- Samantha Meyer-saak vir streekhof uitgestel
- Gemeenskap in rou oor geliefde onnie
- Troosdiens vir ongelukslagoffer gehou
- Troosdiens vir PJ Sauls beplan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’