OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Samantha Meyer, wat aangekla word van strafbare manslag en dronkbestuur, na ’n motorongeluk op 8 November 2024 op die kruising van Voortrekkerweg en Randstraat, is Vrydag 28 Maart in die distrikshof vir ’n streekhofbeslissing tot 7 April uitgestel.
Meyer was die bestuurder van ’n Audi A4 wat die betrokke aand met die Volkswagen Golf van die 24-jarige onderwyser, Peter-John ‘Pokkels’ Sauls, gebots het.
Sauls se motor het uitgebrand net nadat hy deur twee verbygangers uit die voertuig gehaal is. Hy is ’n rukkie later op die toneel dood verklaar.
Die saak was vir verlede Donderdag, 27 Maart, op die hofrol, maar is tot Vrydag oorgehou omdat die dossier nie na die hof gebring is nie.
Die staatsaanklaer, Danelle van der Westhuizen, het die hof Vrydag om uitstel gevra vir ’n streekhofbeslissing.
Die saak dien voor landdros Zuastred Deyce en Bulelani Bans verskyn namens die beskuldigde.
Vorige artikels:
- Gemeenskap in rou oor geliefde onnie
- Troosdiens vir ongelukslagoffer gehou
- Troosdiens vir PJ Sauls beplan
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’