OUDTSHOORN NUUS - Daar word die week vier troosdienste vir wyle PJ Sauls (24), wat Vrydagaand in 'n ongeluk oorlede is, beplan.
Sauls se voertuig is na bewering deur 'n dronkbestuurder getref waarna hy teen 'n muur gebots het. Hy is oomblikke voor die voertuig begin brand het uit die voertuig gered, maar het op die toneel aan sy beserings beswyk. Die bestuurder van die voertuig is vir strafbare manslag en die bestuur van 'n voertuig onder die invloed van drank in hegtenis geneem.
Familie het in ongeloof, skok en hartseer van die nuus verneem.
Sauls was 'n onderwyser by PJ Badenhorst Primêr in Dysselsdorp. Hy was die jongste seun van David Sauls en Rosie Lottering, die ma van 'n vierjarige dogtertjie, Kiané en die verloofde van Kayla Danster. Hy was ook die broer van Sedwick Sauls en Roberto Botha.
Troosdienste
Die eerste troosdiens vind vanaand, 12 November, in Ecstacystraat 9 plaas. Die tweede troosdiens is Woensdag 13 November ook in Ecstacystraat.
'n Kranslegging word vir Donderdag 14 November om 17:00 in Voortrekkerweg waar die ongeluk plaasgevind het beplan. ’n Finale troosdiens vind Donderdagaand om 19:00 vanuit die Christelike Herlewingskerk plaas.
Die begrafnis sal Saterdag plaasvind, maar die reëlings is nog nie gefinaliseer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’