Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn en De Rust-toerisme is verheug om aan besoekers, toerismevennote, plaaslike ondernemings en rolspelers in die toerismebedryf te bevestig dat die R328 na die Kangogrotte weer vir verkeer oopgestel is.
Volgens inligting is daar wel ’n stop-en-ry-verkeerbeheerstelsel in plek is.
Hierdie ontwikkeling is 'n belangrike mylpaal in die herstel van toerisme in die Groter Klein Karoo ná maande se ontwrigting.
Talle besoekers wag reeds lank op hierdie nuus en bedank plaaslike toerisme-rolspelers almal vir hul geduld, ondersteuning en begrip gedurende hierdie uitdagende tyd.
Plaaslike toerisme sal die publiek op hoogte hou van die heropeningsdatums van die Kangogrotte en Wilgewandel en sal verdere inligting bekend maak sodra dit beskikbaar is.
Corleen Barnard, van Oudtshoorn en De Rust-toerisme noem dat hulle daarna uitsien om besoekers weer in ons streek te verwelkom en moedig almal aan om voort te gaan om die uitstekende toerisme-aantreklikhede, verblyfondernemings, restaurante en unieke ervarings te ondersteun wat Oudtshoorn en De Rust besonderse bestemmings maak.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’