Update
OUDTSHOORN NUUS - Justice Mooi, een van die vermeende huurmoordenaars in die moord op Preston Titus, is borgtog in die Oudtshoorn-landdroshof geweier.
Hy verskyn op aanklag van moord met voorbedagte rade, sowel as die besit van gevaarlike wapens.
'n Groot aantal mense het Maandag die hofverrigtinge bygewoon.
Die pad na die hof was gesluit en die polisie se openbare orde polisiëringseenheid en sekerheidspersoneel het weereens toegang na die hof beheer.
Landdros Roelf Kontstabel het Mooi se borgtog geweier omdat hy voel die staat se saak teen hom is sterk genoeg.
Konstabel het verder gesê dat daar geen buitengewone omstandighede genoem is wat die hof oortuig het om aan hom borgtog toe te staan nie.
"Die beskuldigde kan moontlik met die getuies inmeng en soos die staat genoem het, het Sixabiso Klip wat reeds skuldig bevind is, 'n verklaring afgelê om te sê dat die beskuldigde hom probeer intimideer het.
"Verder bestaan daar ook 'n moontlikheid dat hy self bewyse verberg."
Hy het Mooi, wat in Port Elizabeth woon, ook as 'n vlugrisiko bestempel.
Konstabel sê die groot teenwoordigheid van gemeenskapslede voor die hof sedert die begin van die saak het hom ook genoop om ernstig na die belang van die gemeenskap by die saak te kyk.
Hy het die saak na 14 Februarie uitgestel omdat die drie verdagtes, Mooi, Magdaleen Titus en Natasha Stuurman, saam vir die moord op Preston aangekla word.
Dit beteken dat hulle al drie saam in die hof moet verskyn.
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Hofsaak uitgestel
- Sterk polisie-teenwoordigheid by borgtogaansoek
- Weermagmoord: Verdagte nader koerant
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
- Vermeende baasbrein hoop op borgtog
- Borgtogaansoek teen Mooi uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Verdagtes bly in aanhouding
- Weermagmoord: Verdagtes in hof
- Magdaleen Titus arriveer op Oudtshoorn
- Weermagmoord: Magdaleen Ttius aangekeer
- Verdagte in weermagmoord gevonnis
- Weermagmoord-opvolg
- Borgtog aansoek weer uitgestel
- 2 moordverdagtes in hof
- 2de moordverdagte in hof
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Nog een in hegtenis
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'