OUDTSHOORN NUUS - Niemand is nog in hegtenis geneem met die moord op Preston Titus nie.
Titus is Saterdag deur 'n familielid in die vroeë oggendure in sy huis op die Weermagbasis dood aangetref.
Hy is die man van ANC-raadslid, Magdeleen Titus.
Volgens kaptein Malcolm Potjie, Suid-Kaapse polisie-woordvoerder, is die polisie steeds besig met die ondersoek.
"Die oorledene se dogter het die oggend ongeveer 00:00 by die huis aangekom. Sy het glo haar pa probeer bel om die deur oop te sluit, maar hy het nie opgestaan nie.
"Sy het glo haar ma wakker gemaak om oop te sluit. Haar ma het die oorledene in 'n slaapkamer in die huis aangetref.
"Magdeleen en haar ander dogter was na bewering in die slaapkamer langsaan waar hulle lê en slaap het," het hy gesê.
Volgens hom het Titus verskeie steekwonde aan sy rug en ken opgedoen.
Pojie vra dat enigiemand wat inligting oor die moord het die ondersoek beampte, ao. Martin le Roux by 082 402 1730 sal skakel.
"As iemand inligting wil deel kan hulle ook die Stop Misdaad-nommer, 08600 10111 skakel.
Magdaleen Titus. Foto: Liezl van Niekerk.
Lees 'n vorige artikel: Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'