Update
OUDTSHOORN NUUS - ‘n 23-jarige man en 37-jarige vrou is gisteraand in hegtenis geneem in verband met die moord op Preston Titus.
Volgens kapt. Malcolm Potjie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder is die man en vrou nog nie amptelik aangekla nie en word hulle steeds ondervra.
Dit is nog nie duidelik of hulle wel aangekla gaan word en of hulle in die hof gaan verskyn nie.
Gerugte wat vanoggend vroeg die rondte gedoen het dat Magdaleen Titus in verband met haar man, Preston Titus, se moord in hegtenis geneem is, is nie waar nie.
Magdaleen was slegs by die polistasie vir ondervraging.
Titus se liggaam is Saterdagoggend met verskeie steekwonde in sy huis op die Weermagbasis gevind.
Lees verwante artikels:
• ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
• Geen arrestasie na moord
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'