Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - Dit blyk dat een van die verdagtes in die Preston Titus moordsaak, Masimthembe (MJ) January, se voorneme om hom verlede week aan die polisie te oorhandig intussen verander het.
MJ het verlede Woensdag uit die bloute by die Oudtshoorn Courant se kantore opgedaag.
Volgens hom was hy op pad om homself aan die polisie te oorhandig, maar wou eers sy kant van die storie vertel.
Hy is deur 'n geestelike leier vergesel.
January sê hy is bewus van die beweringe dat hy Justice Mooi en Vusumsi, die twee beweerde huurmoordenaars, aan Magdaleen Titus voorgestel het, maar ontken dit.
Volgens hom was hy en Titus in ‘n verhouding en sy het hom vir ‘n kerkdiens na Port Elizabeth vergesel die dag waarop sy vir Mooi ontmoet het.
Hy beweer dat Titus en Mooi mekaar toevallig in ‘n kroeg ontmoet het en dat hy hulle net as kennisse voorgestel het waarna hulle oor politiek gepraat het.
Hy het ‘n uitgebreide uiteensetting gegee waarin hy voorgheou het dat hy geen kennis van ‘n moordplan gedra het nie.
Die Oudtshoorn Courant het Donderdagoggend besluit om nie oor MJ se besoek en sy weergawe te berig nie uit vrees dat dit die ondersoek kan benadeel.
Verskeie mense uit die gemeenskap en ANC geledere het intussen egter laat blyk dat hulle gehoor het MJ was by die koerant.
Tot dusver blyk dit dat MJ homself nog nie aan die polisie oorgegee het nie en hy het op ‘n navraag laat weet dat sy prokureur die aangeleentheid hanteer.
Gerugte dat drie ANC lede verlede week ‘n besoek in die selle by Magdaleen Titus afgelê het word tans opgevolg.
Gerugte dat geld wat glo gebruik is vir die huurmoord en vir regskostes van die bekuldigdes, glo van ‘n spesifieke persoon buite Oudtshoorn gekom het word ook opgevolg.
Die borgtogaansoeke van Magdaleen Titus, Natasha Stuurman en Justice Mooi word vanoggend in die streekhof in Oudtshoorn voortgesit.
Lees vorige artikels:
- Preston Titus met 3rde poging vermoor
- Vermeende baasbrein hoop op borgtog
- Borgtogaansoek teen Mooi uitgestel
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Verdagtes bly in aanhouding
- Weermagmoord: Verdagtes in hof
- Magdaleen Titus arriveer op Oudtshoorn
- Weermagmoord: Magdaleen Ttius aangekeer
- Verdagte in weermagmoord gevonnis
- Weermagmoord-opvolg
- Borgtog aansoek weer uitgestel
- 2 moordverdagtes in hof
- 2de moordverdagte in hof
- Weermagmoord: Borgtogaansoek uitgestel
- Weermagmoord: Nog een in hegtenis
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'