Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Streeklanddros Retha Pretorius het pas vir Sixabiso Klip tot 15 jaar gevangenisstraf op die klag van moord gevonnis.
Hy het vandag as deel van sy pleitooreenkoms skuldig gepleit op die klagte teen hom en onderneem om teen sy medebeskuldigde, Justice Mooi, sowel as die ander verdagtes vir wie lasbriewe uitgereik is, te getuig.
Hy is ook 2 jaar gevonnis vir die besit van 'n gevaarlike wapen.
Dié vonnis loop saam met die vonnis van 15 jaar.
Lees 'n vorige artikel: Weermag-moord opvolg
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'