Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Lede van die gemeenskap sowel as lede van die ANC het vandag voor die hof bymekaar gekom om aan 'n vreedsame protesoptog deel te neem.
Hulle dring daarop aan dat borgtog nie vandag aan Cabiso Klip, een van die verdagtes in die Preston Titus-moordsaak, toegestaan word nie.
Leon Campher het 'n memorandum aan die hooflanddros, Jaco Lambrecht, oorhandig.
"Gesien in die lig dat die voorval in die rustige en veilige woongebied van die SANDF plaasgevind het, die moord beplan was en Preston gemartel was, het talle inwoners in Oudtshoorn onmiddelik in hul eie wonings onveilig gevoel", lui 'n deel uit die verklaring.
Ellen Prins, 'n ANC-parlementslid het ook tydens die oorhandig gevra dat die gemeenskap hul samewerking aan die polisie moet gee en indien hulle inligting in verband met die moord het, hulle dit dadelik aan die polisie moet gee.
* Cabiso Klip (23) is verlede week saam met nog 'n vrou in hegtenis geneem. Sy is die volgende dag deur die polisie vrygelaat. Klip het verlede Vrydag sy eerste verskyning in die hof gehad en sy borgtogaansoek is na vandag uitgetel.
Lees verwante artikels:
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'