Update
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Justice Mooi en Cabiso Klip, die twee verdagtes wat in verband met Preston Titus se moord in hegtenis geneem is, het vandag in die landdroshof vir ‘n borgtogaansoek verskyn.
Landdros Roelf Konstabel het Klip se saak tot 10 Januarie 2018 vir ‘n formele borgtogaansoek uitgestel.
Mooi se saak is tot môre vir ‘n borgprofiel uitgestel.
Vandag se verrigtinge het, soos verlede week, weer onder polisiebewaking plaasgevind.
Die polisie het toegang tot die hof beheer en slegs 40 persone is toegelaat.
Titus se liggaam is op 2 Desember in die vroeë oggendure in sy huis by die Weermagbasis gevind.
Daar was verskeie steekwonde aan sy liggaam.
Lees 'n vorige berig: 2 Moordverdagtes in hof
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'