Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het pas inligting bevestig wat die Oudtshoorn Courant laasnag ontvang het dat nog ‘n verdagte in die moord op stafsersant Preston Titus in hegtenis geneem is.
Kaptein Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap SAPD het gesê ‘n speurder van Oudtshoorn het gister ‘n 30-jarige verdagte in Port Elizabeth in hegtenis geneem.
Volgens hom is die verdagte tans onder polisiebewaking onderweg na Oudtshoorn waar hy môre in die hof sal verskyn.
Pojie sê ‘n Identikit van ‘n tweede verdagte word tans saamgestel vir verspreiding.
Hy het aangedui dat nog arrestasies kan volg.
Intussen is die borgaansoek van die 23 jarige Cabiso Klip, wat verlede week in hegtenis geneem is vandag in ‘n volgepakte hof aan die gang.
Titus is Vrydagnag 1 Desember in sy huis op die weermagbasis in Oudtshoorn vermoor.
Lees verwante artikels:
- Weermagmoord: Optog buite hof
- Verdagte in weermagmoord in hof
- Vermoorde soldaat gehuldig
- 2 in Hegtenis vir moord
- Man en vrou gearresteer in Titus-moord
- ANC-Raadslid tans nie in hegtenis
- Geen arrestasie na moord
- Eggenoot van raadslid sterf
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'