Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die vermeende moordenaar, Patrick Rondganger, is op 25 Oktober in die Oudtshoorn-landdroshof voortgesit.
Bradley Michaels, Rondganger se prokureur, het die hof versoek om die saak uit te stel omdat hy nog nie in besit van die dossier is nie.
Rondganger word daarvan aangekla dat hy sy vriendin se pa, Eric Xaxaka (59), vroeër die jaar vermoor het deur hom herhaaldelik met 'n mes te steek.
Xaxaka se liggaam is op 8 April in 'n vlak graf agter sy huis in 'n buitekamer in Bongolethu gevind. Xaxaka is as vermis aangemeld toe hy nie by die werk opgedaag het nie.
Rondganger is kort na die moord in hegtenis geneem. Op 9 Mei is die misdryf in die Oudtshoorn-streekhof van 'n skedule 5 na 'n skedule 6 verander.
Michaels sal wanneer hy die dossier ontvang, met Rondganger konsulteer om instruksies van hom te kry vir die voorverhoor. Rondganger se saak is tot 21 November uitgestel.
Vorige artikels:
- Aansoek om moordsaak te skrap
- Ondersoek teen Rondganger is afgehandel
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'