OUDTSHOORN NUUS - Die formele borgtog-aansoek van Patrick Rondganger, die man wat voorverlede week vir die moord op Eric Xaxaka in hegtenis geneem is, is tot 29 April uitgestel.
Die hof kon Dinsdag weens beurtkrag, en die feit dat daar net een hof beskikbaar was, nie voortgaan met die borgtogaansoek nie.
Xaxaka is 'n dag voor sy 60ste verjaarsdag in sy huis vermoor en daarna in 'n vlak graf begrawe.
Die beskuldigde is Xaxaka se dogter, Monica Manual, se vriend en pa van hulle vier maande oue baba.
Die hof was Dinsdag vol familie en kollegas wat saam met Xaxaka gewerk het. Hulle het groot oranje plakkers op hulle hemde geplak wat heet, 'Justice for Eric'.
Leon Campher, raadslid van Dysselsdorp Advieskantoor, het 'n petisie op Facebook opgestel teen Rondganger se borgtogaansoek.
"Ons het meer as 2 000 ondersteuners teen Rondganger se borgtog gekry. Ek het die petiesie en handtekeninge voor die hof-verrigtinge saam met 'n memorandum aan die hooflanddros oorhandig."
Xaxaka se broer, Patrick Xaxaka (53) en sy suster, Daphne Danster (71) het ook die hofverrigtinge bygewoon.
"Ons is baie tevrede dat Patrick nog in die tronk bly, ons sal kom kyk wat op 29 April gebeur."
Xaxaka se begrafnis sal op 23 April om 10:00 in die Ou Apostoliese Kerk in Bongolethu plaasvind.Patrick Rondganger.
Wyle Eric Xaxaka.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo'