OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen Patrick Rondganger, die man wat daarvan aangekla word dat hy sy vriendin se pa, Eric Xaxaka (59), vroeër die jaar herhaardelik met 'n mes gesteek het en toe in 'n vlak graf begrawe het, se saak is tot 11 Augustus uitgestel.
Eric se liggaam is op 8 April in 'n vlak graf agter sy huis in 'n buitekamer in Bongolethu gevind nadat hy na bewering deur Rondganger vermoor is.
Hy is twee dae van te vore as vermis aangemeld na hy nie by die werk opgedaag het nie. Rondganger is kort na die moord deur die polisie in hegtenis geneem.
Hy is die vriend van Eric se dogter, Monica Manuel en die vader van hulle babaseuntjie.
Rondganger is in Meimaand borgtog geweier en bly dus in aanhouding tot die saak afgehandel is.
Vorige artikels:
- Saak verander na skedule 6 en borgtog word geweier
- Borgtog geweier
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Borgtogaansoek uitgestel tot Maandag
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'