OUDTSHOORN NUUS - Die formele borgtogaansoek van Patrick Rondganger, wat van die moord op Eric Xaxaka aangekla word, is tot 4 Mei uitgestel.
‘n Memorandum is verlede week aan die hof voorgelees en saam met ‘n petisie aan die hof oorhandig. Die landdros sal op 4 Mei uitspraak lewer.
Kapt. Louis Visser, woordvoerder van Oudtshoorn-polisie, het ook in verlede week aan Oudtshoorn Courant bevestig dat Xaxaka as gevolg van veelvuldige steekwonde oorlede is.
Vorige artikels:
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
Patrick Rondganger
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'