OUDTSHOORN NUUS - Die formele borgtogaansoek van Patrick Rondganger, wat van die moord op Eric Xaxaka aangekla word, is tot 9 Mei uitgestel omdat die hoofstaatsaanklaer nie die hofverrigtinge kon bywoon nie.
Die staat is tans wagtend op die hoofstaatsaanklaer om 9 Mei vir ‘n skedule 5 of 6 aansoek te doen.
Xaxaka se kollegas en familie het weer die hofverrigtinge bygewoon. Rondganger se familie was ook in die hof om steun aan hom te gee.
‘n Memorandum teen Rondganger se borgtogaansoek is verlede week aan die hof voorgelees en saam met ‘n petisie aan die hof oorhandig.
Xaxaka is 'n dag voor sy 60ste verjaarsdag in sy huis vermoor en daarna in 'n vlak graf begrawe. Rondganger is die vriend van Monica Manual, wyle Xaxaka se dogter.
Vorige artikels:
- Ronganger wag op uitspraak van landdros
- Borgtogsaak uitgestel vir uitspraak
- Borgtogaansoek weer uitgestel
- Man se liggaam in vlak graf gevind
- 60-Jarige in Bongoletho vermoor
- Vermiste persoon
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'