Update
OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van die vier verdagtes van Rosebank, wat van die moord op Justin Booysen teregstaan en Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof sou begin, moes uitgestel word weens 'n sterfgeval in die landdros se familie.
Simphiwe Ndoni (32), Ephrahim Malgas (42), Lorenzo Malgas (24) en Breyton Bruiners (25) staan tereg op aanklagte van moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die saak spruit uit die dood van Justin Booysen (30) wat op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Belle Rosa-singel doodgeskiet is.
Ndoni en Ephrahim Malgas dien tans vonnisse van onderskeidelik vyf en drie jaar uit vir handel in dwelms, terwyl Lorenzo Malgas en Bruiners op borgtog uit is.
Die saak dien voor streeklanddros Kenneth Peters van Kaapstad en is in sy afwesigheid uitgestel vir drie dae se verhoor vanaf 10 tot 12 November.
Lees vorige artikels:
- Verhoordatums vir Rosebank-moordsaak
- Rosebank-skietsaak: Verhoor in April
- Rosebank-moordsaak weer uitgestel
- Booysen-skietsaak uitgestel
- Moordverdagte in hof aanranding betrokke
- Borgtog vir tweede verdagte
- Booysen-moordsaak uitgestel
- Een in Booysen-moordsaak kry borgtog
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'