OUDTSHOORN NUUS - Borgtog van R5 000 is Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof toegestaan aan een van die vier verdagtes wat van moord op Justin Booysen (30) van Rosebank tereg staan.
Die 23-jarige Lorenzo Malgas, pa van drie kinders, staan saam met Simphiwe Ndoni (31), Ephraim Malgas (41) en Breyton Bruiners (25) tereg op klagtes van moord en aanranding om ernstig te beseer.
Ndoni en Bruiners gaan nie om borgtog aansoek doen nie.
Booysen is op Sondag 17 November 2019 in sy huis in Bella Rosa-singel, Rosebank, doodgeskiet.
Die borgtogaansoek van Ephraim Malgas is uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger nie Woensdag teenwoordig kon wees nie.
Die ondersoekbeampte, ao. Darome Burger, het borgtog teengestaan omdat sy vir die applikant se eie lewe vrees.
Volgens haar het Lorenzo die betrokke aand 'n persoon wat die hek van Booysen se erf toegehou het, met 'n mes gedreig en ook iemand anders aangerand.
Sy het getuig dat die polisie twee vuurwapens gevind het en daar gewag word op die ballistiese verslag van die tweede wapen wat moontlik die moordwapen kan wees.
Volgens haar is 'n memorandum met 1 824 handtekeninge aan die hooflanddros oorhandig waarin familie en hul ondersteuners versoek dat borgtog nie aan die verdagtes toegestaan moet word nie.
• Volledige berig in hierdie week se Oudtshoorn Courant
Lees vorige artikels:
- Honderde by Justin se begrafnis
- Verdagtes in Justin Booysen-Moordsaak wil nie borg hê
- Borgtogaansoek uitgestel
- Vier verdagtes vas na moord
- Vierde verdagte vas na moord
- Moordsaak vir borgtog uitgestel
- Moordverdagtes Môre voor
- Jong man doodgeskiet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'